Geriewe

Die beste manier om die bosveld-atmosfeer van die Weesgerus Vakansieoord te ervaar is om by die oord oor te bly. Gaste het ‘n wye verskeidenheid geriewe tot hul beskikking:
Weesgerus beskik oor geriewe soos konferensie- en ontvangslokale, die damlapa, restaurante, ‘n winkel en verskeie sportaktiwiteite.

Konferensie lokale

Die Waterberg Koferensiekamer bied sitplek vir 50 gaste en die Nyl Konferensiekamer vir bied sitplek vir 25 gaste.

Dam Lapa

Die Damlapa aan die oorkant van die dam is die ideale plek om ‘n skemerkelkie te geniet en is beskikbaar vir gaste wat oornag. Die lapa is geskik vir huweliksonthale, spanboufunksies of enige ander tipe funksie met groepe van tot 80 mense.

Restaurant & Winkel

As jy graag bedien en bederf wil word, besoek gerus die gelisensieerde restaurant. Hierdie restaurant bied ‘n fees vir die fynproewer. Koop kruideniersware en ander noodsaaklike items by die winkel.

Sportgeriewe

Die hele gesin kan mekaar uitdaag op die minigolfbaan (putt-putt), of ‘n stel tennis speel. Ander aktiwiteite sluit in jukskeibane, vlugbalbane en trapkarre.

Konferensie en Ontvangslokale

Die oord het twee konferensiekamers, beide met lugversorging. Die Waterberg Konferensiekamer bied sitplek vir 50 gaste en die Nyl Konferensiekamer vir 25 gaste. Hierdie twee kamers kan gekombineer word om groter groepe te akkommodeer. Die Rooiboksaal het waaiers as verkoelingstelsel en kan gebruik word vir groot groepe, troues en ander onthale. Elke konferensiekamer beskik oor sy eie spysenieringsgeriewe en is toegerus met demonstrasieborde, projektors, TV en DVD/CD-speler, koordlose mikrofone asook tafels en stoele.
Let wel: Ons verskaf geen dekor nie.

Die Waterberg Konferensiekamer het die volgende geriewe

  • Gemaklike sitplek vir ± 50 persone
  • Demonstrasieborde
  • Projektors
  • TV en DVD/CD-speler
  • Koordlose mikrofone

Damlapa

Die Damlapa is gesluit en kan slegs bespreek word vir funksies

Die Damlapa is aan die oorkant van die dam geleë – die ideale plek om ‘n skemerkelkie te geniet – en is beskikbaar vir gaste wat oornag. Die lapa word aanbeveel vir huweliksonthale, spanboufunksies of enige ander tipe funksie met groepe van tot 80 mense. Wanneer die lapa vir privaatfunksies bespreek is word die ligte middagetes in die restaurant bedien.

Waarom die Damlapa?

  • Beste ligte middagete.
  • Geskik vir troues en klein onthale.
  • Funksies vir groepe van tot 80 persone.
  • Stilte en natuurskoon, geniet die water avifauna.
  • Onthou met privaatfunksies word die middagete in die hoofrestaurant bedien!

Restaurante

As jy graag bedien en bederf wil word, besoek gerus die gelisensieerde restaurant. Hierdie restaurant bied ‘n fees vir die fynproewer.

Kom ons eet uit!

Die Restaurant is slegs oop vir wegneem etes

Die Winkel

Die winkel by die oord bied ‘n verskeidenheid kruideniersware en ander items wat jy nodig mag kry.

Waarom ons Winkel?

  • Die “Oeps, ek het dit tuis vergeet …” sal jy by ons winkel kry.
  • Vars brood is altyd beskikbaar.
  • Koeldrank vir die dors.
  • Moenie vergeet om jou kinders te bederf met roomys, sjokolade, skyfies en allerhande lekkernye nie!
  • Koop ‘n aandenking of twee om u aan u onvergeetlike tyd saam met ons te herinner!

Sportgeriewe

Die hele gesin kan mekaar uitdaag op die minigolfbaan (putt-putt), of ‘n stel tennis speel, terwyl die ouer garde die kinders kan wys hoe dinge op die jukskeibane gedoen word. Moenie van die trapkarre en die vlugbalbaan vergeet nie.

As jy net rustig wil ontspan, neem jou visstokke na die dam – en onthou om jou kinders se fietse saam te bring sodat jy ongesteurd kan wag vir die groot een om te byt!

Vir die natuurliefhebber, bring jou stapskoene en kamera saam en wandel op ons 3km-staproete!

Min vakansieoorde kan spog met vyf swembaddens! Hierdie oord bied drie buite swembaddens (‘n louwarm swembad wat geskik is vir klein kindertjies, en ‘n koue en louwarm swembad vir ervare swemmers) en twee verhitte binnenshuise swembaddens. Laat die kinders op die Waterwurm (Supertube) baljaar terwyl jy in een van die verhitte swembaddens ontspan.