Luukse verblyf en pret vir die hele familie.

Uitstekende geriewe en welbekende gasvryheid.

Wandel tussen impalas op die 3-km lange staproete.

Die beste manier om die bosveld-atmosfeer te ervaar.

Die perfekte vakansiebestemming vir die hele familie.

Verblyf

Chalets is toegerus met breekware, eetgerei, linne en ‘n televisiestel. Elke chalet het sy eie private braaiplek, weg van die gemeenskaplike braaigeriewe.

Bespreek Nou

Die beste manier om die bosveld-atmosfeer van die Weesgerus Vakansieoord te ervaar, is om by die oord oor te bly.

Geriewe

Die uitstekende geriewe en welbekende gasvryheid van die oord maak dit die ideale vakansiebestemming vir die hele gesin.

dag besoekers

Daar word ongelukkig geen dag besoekers by Weesgerus toegelaat nie. 

 

Welkom By

Weesgerus

Die uitstekende geriewe en welbekende gasvryheid van die oord maak dit die ideale vakansiebestemming vir die hele gesin.
Die skilderagtige Waterbergberge is ‘n onvergeetlike kombinasie van water en berge. Die 58-hektaar oord is 3 km buite Modimolle (Nylstroom) geleë. Die oord word omring deur welige bosveldplantegroei met Boekenhout, Vaalbos, Wildesering en ten minste 35 ander boomspesies. Hierdie bome huisves meer as 50 verskillende voëlspesies. Kom stap tussen die impalas op die 3 km-staproete en ervaar alles wat die bosveld bied!

 

Kokanje Aftreeoord

www.kokanjeaftreeoord.co.za
Vaalwaterpad, 3km buite Modimolle

Ons Geriewe

Konferensielokale

Die oord het drie konferensiekamers. Die Waterberg Konferensiekamer het sitplek vir 50 gaste en die Nyl Konferensiekamer vir 25 gaste, beide met lugversorging. Hierdie twee lokale kan gekombineer word om groter groepe te akkommodeer. Die Rooiboksaal het waaiers as verkoelingstelsel; dit kan gebruik word vir groot groepe, troues en ander onthale.

Damlapa

Die Damlapa is aan die oorkant van die dam geleë – die ideale plek om ‘n skemerkelkie te geniet – en is oop vir gaste wat oornag. Die lapa word aanbeveel vir huweliksonthale, spanboufunksies of enige ander tipe funksie met groepe van tot 80 mense.

Restaurant

As jy graag bedien en bederf wil word, besoek gerus die gelisensieerde restaurant. Hierdie restaurant bied ‘n fees vir die fynproewer.

Die Winkel

Die winkel by die oord bied ‘n verskeidenheid kruideniersware en ander items wat jy nodig mag kry.

Sportgeriewe

Die hele gesin kan mekaar uitdaag op die minigolfbaan (putt-putt), of ‘n stel tennis speel, terwyl die ouer garde die kinders kan wys hoe dinge op die jukskeibane gedoen word. Moenie van die trapkarre en vlugbalbaan vergeet nie.