Tariewe

Dag besoekers word ongelukkig nie toegelaat nie.

50% (vyftig persent) van die totale versblyfskoste moet binne 48 uur na ‘n telefoniese bespreking in die betrokke bankrekening gedeponeer word en die depositostrokie moet per e-pos gestuur word aan: res1@weesgerusoord.co.za

Die volle uitstaande bedrag op die verblyfskoste moet 30 (dertig) dae voor aankoms betaal word. Indien nie, sal die bespreking sonder kennisgewing gekanselleer word.

  • Slegs krediet-, kontant- en Pretorium Trustkaarte word as betaling aanvaar.
  • Geen tjeks word aanvaar nie.
  • Alle pryse sluit BTW in.
  • Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Privaatpensioenarisse ontvang 20% korting (BUITE SEISOEN)

SAPD-lede en afgetrede SAPD-lede wat bydra tot die Weduwee- en Weesfonds, kwalifseer vir ‘n spesiale tarief.

Chalets

Ons goedingerigte chalets bestaan uit ‘n kombuis, slaapkamers, ‘n gemaklike sitkamer en ‘n volledige badkamer.

Kompleks

Die oord het ‘n gastekamerkompleks met ses kamers. Elke kamer het 2 beddens met ‘n eie stort, toilet, wasbak en televisie.

Karavaanpark

Vir die karavaanentoesiaste bied die oord 155 moderne, goedbeplande staanplekke, almal met elektrisiteit toegerus.

Gastehuis

Die oord spog met ‘n gastehuis wat bestaan uit vier en-suite slaapkamers en uitstekende onthaalgeriewe, wat met die beste in Suid-Afrika vergelyk kan word.

Chalets

Ons goedingerigte chalets bestaan uit ‘n kombuis, slaapkamers, ‘n gemaklike sitkamer en ‘n volledige badkamer.

DSTV Kanale beskikbaar

Aankomstyd: Maandag – Saterdag: 14:00
Aankomstyd: Sondag:17:00
Vertrektyd: Maandag – Saterdag: 9:00
Vertrektyd: Sondag: 14:00

Kompleks

Die oord het ‘n gastekamerkompleks met ses kamers. Elke kamer het 2 beddens met ‘n eie stort, toilet, wasbak en televisie. Die kamers het ‘n gemeenskaplike kombuis, sit-/eetkamer, patio en braaiplek, wat dit ideaal maak vir klein familiegroepe, jongmense en klein konferensiegroepe.
Aankomstyd: Maandag – Saterdag: 14:00
Aankomstyd: Sondag:17:00
Vertrektyd: Maandag – Saterdag: 9:00
Vertrektyd: Sondag: 14:00

Karavaan

Vir die karavaanentoesiaste bied die oord 145 moderne, goedbeplande staanplekke, almal met elektrisiteit toegerus, en met uitstekende ablusiegeriewe.
Karavane en tente word beperk tot 4 persone per karavaan/tent. Dagbesoekerstarief sal gehef word vir persone wat agterna arriveer.
EKSTRA 2-MAN KINDERTENTE (afhanklike kinders) wat by die karavaan opgeslaan word (maksimum twee), is onderworpe aan ‘n ekstra tarief van R10.00 per tent per nag. Gaste moet hulle eie kampeerbeddens saambring.
TENTE WAT GROTER AS ‘N 2-MAN KINDERTENT IS, SAL VOLLE TARIEF BETAAL
Aankomstyd: Maandag – Saterdag: 14:00
Aankomstyd: Sondag:17:00
Vertrektyd: Maandag – Saterdag: 9:00
Vertrektyd: Sondag: 14:00

Tent

Die oord bied 12 goedbeplande tentstaanplekke, almal toegerus met elektrisiteit. Uitstekende ablusiegeriewe is beskikbaar.
Karavane en tente word beperk tot 4 persone per karavaan/tent. Dagbesoekerstarief sal gehef word vir persone wat agterna arriveer. EKSTRA 2-MAN KINDERTENTE (afhanklike kinders) wat by die karavaan opgeslaan word (maksimum twee), is onderworpe aan ‘n ekstra tarief van R10.00 per tent per nag. Gaste moet hulle eie kampeerbeddens saambring.
TENTE WAT GROTER AS ‘N 2-MAN KINDERTENT IS, SAL VOLLE TARIEF BETAAL.
Aankomstyd: Maandag – Saterdag: 14:00
Aankomstyd: Sondag:17:00
Vertrektyd: Maandag – Saterdag: 9:00
Vertrektyd: Sondag: 14:00

Gastehuis

Die oord spog met ‘n gastehuis met vier en-suite slaapkamers en uitstekende onthaalgeriewe wat met die beste hotelle in Suid-Afrika vergelyk kan word.
Aankomstyd: Maandag – Saterdag: 14:00
Aankomstyd: Sondag:17:00
Vertrektyd: Maandag – Saterdag: 9:00
Vertrektyd: Sondag: 14:00

Ontspanningsgeriewe

Water Wurm (Super Tube)

Gratis

Binnenshuise Swembad

R10 per sessie
or R20 per dag

Putt-Putt (18 Puitjies)

R10 per rondte

Trapkar

R8 per sessie (10 minute)

Konferensies en Funksies

Kwotasies en tariewe beskikbaar op aanvraag
+2714-718-7124

Konferensies, Troues, Verjaarsdae, Reünies, ens.

Bystandkragopwekker verseker dat krag beskikbaar is vir konferensies en onthale in geval van kragonderbreking.