Donateurs

Hierdie aangeleentheid was voorheen deur Weesgerus hanteer maar vanaf 1 April 2021 hanteer die Weduwee- en Weesfonds die Weesgerus Donateurs.  U voltooi ‘n debietorder wat jaarliks deur die Weduwee- en Weesfonds verhaal sal word.

 

Voordele is soos volg: 

 

KARAVAAN STAANPLEKKE

R400 per jaar (donasie aan die Weduwee- en Weesfonds) om vir ‘n maksimum van 14 dae per jaar volgens die Oord se “PRIVAAT” seisoen kalender vir korting te kwalifiseer (Laagseisoen 20%, Mid- 15% , Hoog- 10% en “Peak”- 8%)

 

CHALETS/KAMERKOMPLEKS

R1 200 per jaar  (donasie aan die Weduwee- en Weesfonds) om vir ‘n maksimum van 14 dae per jaar volgens die Oord se “PRIVAAT” seisoen kalender vir korting te kwalifiseer (Laagseisoen 20%, Mid- 15% , Hoog- 10% en “Peak”- 8%)

KARAVAAN STAANPLEKKE EN CHALETS/KAMERKOMPLEKS

R1 600 per jaar  (donasie aan die Weduwee- en Weesfonds) om vir ‘n maksimum van 14 dae vir karavaan staanplekke en 14 dae vir chalets/kamerkompleks per jaar volgens die Oord se “PRIVAAT” seisoen kalender vir korting te kwalifiseer (Laagseisoen 20%, Mid- 15%, Hoog – 10% en “Peak”- 8%)

 

Besoek asb die Oord se webtuiste (www.weesgerus.co.za) om die PRIVAAT tariewe volgens die seisoen kalender te besigtig.

 

Besprekings word direk by Weesgerus (Tel: 014 718 7100/1/2/3/4 – res1@weesgerusoord.co.za) gemaak.

 

Aangeheg is al 3 debietorders.  Voltooi asb die debietorder volgens u keuse (Karavaan of Chalet/Kamerkompleks of beide karavaan en Chalet/Kamerkompleks ) en stuur aan epos op dt-order vir verwerking. U is nie geregtig op enige ander voordele vanuit die Fonds nie.