
Geriewe
Konferensie lokale
Dam Lapa
Restaurant & Winkel
Sportgeriewe
Konferensie en Ontvangslokale
Let wel: Ons verskaf geen dekor nie.
Die Waterberg Konferensiekamer het die volgende geriewe
- Gemaklike sitplek vir ± 50 persone
- Demonstrasieborde
- Projektors
- TV en DVD/CD-speler
- Koordlose mikrofone
Damlapa
Die Damlapa is gesluit en kan slegs bespreek word vir funksies
Die Damlapa is aan die oorkant van die dam geleë – die ideale plek om ‘n skemerkelkie te geniet – en is beskikbaar vir gaste wat oornag. Die lapa word aanbeveel vir huweliksonthale, spanboufunksies of enige ander tipe funksie met groepe van tot 80 mense. Wanneer die lapa vir privaatfunksies bespreek is word die ligte middagetes in die restaurant bedien.
Waarom die Damlapa?
- Beste ligte middagete.
- Geskik vir troues en klein onthale.
- Funksies vir groepe van tot 80 persone.
- Stilte en natuurskoon, geniet die water avifauna.
- Onthou met privaatfunksies word die middagete in die hoofrestaurant bedien!
Restaurante
Kom ons eet uit!
Die Restaurant is slegs oop vir wegneem etes
Die Winkel
Waarom ons Winkel?
- Die “Oeps, ek het dit tuis vergeet …” sal jy by ons winkel kry.
- Vars brood is altyd beskikbaar.
- Koeldrank vir die dors.
- Moenie vergeet om jou kinders te bederf met roomys, sjokolade, skyfies en allerhande lekkernye nie!
- Koop ‘n aandenking of twee om u aan u onvergeetlike tyd saam met ons te herinner!
Sportgeriewe
As jy net rustig wil ontspan, neem jou visstokke na die dam – en onthou om jou kinders se fietse saam te bring sodat jy ongesteurd kan wag vir die groot een om te byt!
Vir die natuurliefhebber, bring jou stapskoene en kamera saam en wandel op ons 3km-staproete!
Min vakansieoorde kan spog met vyf swembaddens! Hierdie oord bied drie buite swembaddens (‘n louwarm swembad wat geskik is vir klein kindertjies, en ‘n koue en louwarm swembad vir ervare swemmers) en twee verhitte binnenshuise swembaddens. Laat die kinders op die Waterwurm (Supertube) baljaar terwyl jy in een van die verhitte swembaddens ontspan.
