Donateurs
Hierdie aangeleentheid was voorheen deur Weesgerus hanteer maar vanaf 1 April 2021 hanteer die Weduwee- en Weesfonds die Weesgerus Donateurs. U voltooi ‘n debietorder wat jaarliks deur die Weduwee- en Weesfonds verhaal sal word.
Voordele is soos volg:
KARAVAAN STAANPLEKKE
R400 per jaar (donasie aan die Weduwee- en Weesfonds) om vir ‘n maksimum van 14 dae per jaar volgens die Oord se “PRIVAAT” seisoen kalender vir korting te kwalifiseer (Laagseisoen 20%, Mid- 15% , Hoog- 10% en “Peak”- 8%)
CHALETS/KAMERKOMPLEKS
R1 200 per jaar (donasie aan die Weduwee- en Weesfonds) om vir ‘n maksimum van 14 dae per jaar volgens die Oord se “PRIVAAT” seisoen kalender vir korting te kwalifiseer (Laagseisoen 20%, Mid- 15% , Hoog- 10% en “Peak”- 8%)
KARAVAAN STAANPLEKKE EN CHALETS/KAMERKOMPLEKS
R1 600 per jaar (donasie aan die Weduwee- en Weesfonds) om vir ‘n maksimum van 14 dae vir karavaan staanplekke en 14 dae vir chalets/kamerkompleks per jaar volgens die Oord se “PRIVAAT” seisoen kalender vir korting te kwalifiseer (Laagseisoen 20%, Mid- 15%, Hoog – 10% en “Peak”- 8%)
Besoek asb die Oord se webtuiste (www.weesgerus.co.za) om die PRIVAAT tariewe volgens die seisoen kalender te besigtig.
Besprekings word direk by Weesgerus (Tel: 014 718 7100/1/2/3/4 – res1@weesgerusoord.co.za) gemaak.
Aangeheg is al 3 debietorders. Voltooi asb die debietorder volgens u keuse (Karavaan of Chalet/Kamerkompleks of beide karavaan en Chalet/Kamerkompleks ) en stuur aan epos op dt-order vir verwerking. U is nie geregtig op enige ander voordele vanuit die Fonds nie.
