Verblyf

Die beste manier om die bosveld-atmosfeer van die Weesgerus Vakansieoord te ervaar, is om by die oord oor te bly. Gaste het verskillende keuses:
Chalets is toegerus met breekware, eetgerei, linne en ‘n televisiestel. Elke chalet het sy eie private braaiplek, weg van die gemeenskaplike braaigeriewe. Twee van die 87 chalets is spesiaal toegerus is vir liggaamlikgestremde gaste.

Gastehuise

Die oord spog met twee gastehuise wat bestaan uit vier slaapkamers met vier badkamers, en uitstekende onthaalgeriewe.

Kompleks

Die oord het ‘n gastekamerkompleks met ses kamers. Elke kamer het 2 beddens met ‘n eie stort, toilet, wasbak en televisie.

Karavaanpark

Vir die karavaanentoesiaste bied die oord 155 moderne, goedbeplande staanplekke, almal met elektrisiteit toegerus.

Chalets

Ons goedingerigte chalets bestaan uit ‘n kombuis, slaapkamers, ‘n gemaklike sitkamer en ‘n volledige badkamer.

Gastehuise

Die oord spog met twee gastehuise wat bestaan uit vier slaapkamers, vier badkamers en uitstekende onthaalgeriewe.

Die Gastehuis bied die volgende geriewe

  • Dubbelmotorhuis
  • Sitkamer met TV
  • Eetkamer
  • Vier kamers met 2 enkelbeddens in elke kamer
  • Kombuis met alle nodige geriewe soos:
    Yskas/vrieskas, mikrogolfoond, die nodige breekware, stoof/oond, skottelgoedwasser ens.
  • Badkamer:
    Stort, bad, toilet, wasbak.
  • Algehele privaatheid

Gastehuis 1

Gastehuis 2

Kompleks

Die oord het ‘n gastekamerkompleks met ses kamers. Elke kamer het 2 beddens, ‘n eie stort, toilet, wasbak en televisie. Die kamers deel ‘n kombuis, sit-/eetkamer, patio en braaigeriewe, wat dit ideaal maak vir klein familiegroepe, jongmense en klein konferensiegroepe.

Die Kompleks bied die volgende geriewe:

  • Ses x 2-bed kamers
  • Binnehof met TV en braaigeriewe
  • Badkamer:
    Stort, toilet en wasbak
  • Gemeenskaplike oopplankombuis met al die nodige geriewe soos:
    Yskas/vrieskas, 2 mikrogolfoonde, die nodige breekware, stoof/oond, ens.

Karavaanpark

Vir die karavaanentoesiaste bied die oord 133 moderne goedbeplande staanplekke, almal met elektrisiteit toegerus. Daar is ‘n verdere 12 tentstaanplekke, ook toegerus met elektrisiteit. Uitstekende ablusiegeriewe maak dit baie aanloklik.

Die Karavaanpark bied die volgende geriewe

  • Elektrisiteit
  • Braaiarea
  • Ablusiegeriewe

E-Sirkel

Die E-sirkel is ‘n groot kampeersirkel met twee ablusieblokke. Daar is geen braaigeriewe in die E-sirkel nie.

Chalets

2 Slaapplek

Die 2-slaapplek chalet met sy oopplanuitleg is ideaal vir paartjies en bestaan uit ‘n gekombineerde slaapkamer en leefarea met ‘n kombuisie en ‘n volledige badkamer met stort- en badgeriewe.
Die 2-slaapplek chalets beskik oor die volgende geriewe:
  • Slaapkamer met 2 enkelbeddens
  • Badkamer:
    Stort, bad, toilet en wasbak.
  • Oopplankombuis en sitkamer:
    Yskas/vrieskas, mikrogolfoond, die nodige breekware, stoof/oond, TV, ens.

4 Slaapplek

Die 4-slaapplek chalet het een slaapkamer met 2 enkelbeddens. Twee banke in die sitkamer verskaf slaapplek vir nog 2 kinders onder 10jaar.
Die 4-slaapplek chalets beskik oor die volgende geriewe:
  • Slaapkamer met 2 enkelbeddens
  • Badkamer:
    Stort, toilet en wasbak
  • Oopplankombuis en sitkamer:
    Yskas/vrieskas, mikrogolfoond, die nodige breekware, stoof/oond, TV, 2 banke met slaapplek vir 2 persone, ens.

6 Slaapplek

Smaaklik gemeubileerde 6-slaapplek chalets bestaan uit ‘n kombuis, twee 2-bed slaapkamers, ‘n gemaklike sitkamer, ‘n volledige badkamer met stort, en ‘n ingeboude 2-slaapplek stapelbed in die gang.
Die 6-slaapplek chalets beskik oor die volgende geriewe:
  • Die 6-slaapplek chalets het elk ‘n enkelmotorafdak
  • Sitkamer met TV
  • Eetkamer
  • Twee slaapkamers met 2 enkelbeddens elk
  • ‘n Ingeboude stapelbed met 2 slaapplekke in die gang
  • Kombuis met al die nodige geriewe soos:
    Yskas/vrieskas, mikrogolfoond, die nodige breekware, stoof/oond, ens.
  • Badkamer:
    Stort, bad, toilet en wasbak
  • Algehele privaatheid
css.php